Ek le in my bed en wonder hoekom, het alles verkeerd geloop. Het ek iets verkeerd gedoen, Of was dit maar net vals hoop. Ek dink terug aan wat ek kon doen, om alles verder te vat. Maar nou gee ek myself die skuld want my gevoelens was in die pad.
Ek skree op na die hemel daar bo, en vra hoekom is ek lief vir jou. Ek wou vir jou perfek wees, maar ek het my eie graf gegrou. Ek was verlief op jou oë, jou glimlag en jou gees. Maar na alles wat ons gehad het, was hierdie my grootste vrees.
Ek het nie net vir jou, maar ek het ook n vriendskap verloor. Dis hoekom dit so lank vat om al die pyn weg te smoor. Ek sou enige iets vir jou doen, want ek het oor jou om gegee. Nou probeer ek my bes, om al die gevoelens weg te vee.
En nou staan ek hier alleen, in hierdie oorbevolkte land. Net met jou in my gedagtes, en met n drink in my hand. Daar is niks wat ek oor spuit is nie want ek sou alles weer doen. Van die eerste ontmoeting, tot die laaste soen
No comments:
Post a Comment