Monday 17 March 2014

Uitweg Romantiek.

Soos gelowiges ry ons in n stoet bar toe waar ons die dood van ons probleme en gedagtes seevier.

Die enigste ding wat ek vrees is die nagevolge van ons aksies, maar nie vanaand nie.

Vanaand sleep ons die aasvoels huis toe.

Numeries waardes word verkrag deur shots wat met min moeite die deur van potensiaal toe maak.

Ek was nooit die tipe mens wat n half lee glas gehad het, wat nie alkohol bevat het.

N drank asem metafoor sal dit kan bevestig.

Maar wat het julle verwag?

Dis n generiese syn wat deur die lug golwe sny.

Eks seker dis n skok vir jou hart maar moet nie laat dit jou ritme af gooi nie.

Ek gun jou n kans om n kans te vat.

Om my hand te vat en my na jou kar toe te lei.

Jy het n stippel lyn oor jou pols en jy wag vir my om hom te kruis.



Die weerlig skitter en flikker.

Die drank, al hoe witter hoe bitter.

Vat n kans op my op die dans baan.

En groet die duiwels wat langs die bar staan.



Met twee vingers gaan ek jou opbring soos al my drank.

Ek wens ek’t sleg gevoel daaroor.

Maar tog staan jy daar met jou merke wat skree vir simpatie.

Maar wat is simpatie sonder dronk verdriet?

Gaan eerder vanaand op jou kniee en dank wie okal jy wil, vir wat okal jy het, in n laaste poging om jou lewe te red.

Wel as ek self moet brand dan weet die here dat  ek dit ordentlik sal doen.

As ek moet val dan weet jesus dat ek net vir jou sal val.

En as ek hemel toe gaan dan weet die duiwel alleen hoe ek dit reg gekry het.



Die weerlig skitter en flikker.

Die drank, al hoe witter hoe bitter.

Vat n kans op my op die dans baan.

En groet die duiwels wat langs die bar staan.



Elke masker wat ek dra het n identiteit, tog staan ek hier sonder een.

Met twee vingers gaan wie okal ek is jou opbring soos al my drank.




No comments:

Post a Comment