Sunday 14 September 2014

As liefde te ver gevat word.

Dit is warm en ek dink die hitte vertraag my dink proses.
Het ek regtig gesien wat ek dink ek gesien het?
Of was dit net als n emosionele aanvraag op wat onder my bewus syn le.
Nee. 
My oe was reg en my hart weer verkeerd. 
Hierdie parkie het n trio se toekomste gesteel.

Kom nader sodat ek my pyn aan jou kan af smeer.
Die sagte gras verbeter nie die harde impak van jou woorde nie.
Hul se jy moet mos nooit wit dra na "labour day" nie.
Maar skat jyt nie n keuse nie.
Een manier of ander gaan daar bloed merke wees.

Myne. 
Of joune. 
Of syne.

Maar dis moeilik om iemand seer te maak wat jy oor om gee, of so het ek gedink.
Ek is al talle kere verkeerd bewys deur verlede romanse.
Moenie skree nie engel. Hierdie lem is bedoel om die middel man te verwyder.
Wees net kalm en ek sal al die bewyse van sy bestaan verwyder.

Maar hy het nie veel agter gelos nie, het hy?
Glo my dit maak my seerder as wat dit jou maak, want nou het ek nie meer kompetisie nie.
Maar vee jou trane af skat want dit was als vir jou. 
Kom ons wees eerlik.
As dit nie vir jou was nie dan het hy seker nog n dag gehad om n valse profeet te wees.
Om opgebruikte woorde bymekaar te slaan en talentvol te verskyn.
Kyk, hier le die bewyse dat jy nie jou broodjie aan alby kante gesmeer kan he nie, 6 voet onder die grond.

Net soveel woorde en trane kan keer wat die wurms aan hom sal doen.
Ekt net bewys en my belofte gehou dat ek jou lief het en niemand ooit tussen ons sal kom nie.
Jou histeria maak sake nie beter vir ons 48uur planne nie, so aanvaar hierdie tou. 
Dis om jou vas te hou terwyl ek die man wees en alle sake hanteer. 
Want geen vrou is gelukkig om net by die huis alleen te sit nie.

Ek gaan die wereld vir jou gee en meer. 
Doen net asb wat ek se.
Ek sal alle beeld materiaal van jou gedagtes af verwyder sodat ons op n nuwe bladsy kan begin.
Dwelms, wat n wonder werk. 
Wat n teken van bo terwyl die lyk vrot van onder.
Engel, eks nie jamer nie maar jy kan my vergewe as jy wil?
Hierdie is die top punt van liefde. 
Glo dit of nie.

No comments:

Post a Comment