Monday 28 July 2014

Oe oop.

Oe oop.
Oe toe.
Rol om.
Rol terug.
Herhaal die proses tot die oggend son sy kop uit steek.

Staan op.
Staan sterk.
Gemoed swak.
Hart werk.
Gaan terug bed toe om weg te kruip van die wereld af.

Foon in hand.
Foon op tafel.
Geen oproepe.
Geen boodskappe.
Sy wil eensweer nie met my praat nie.

Skoene aan.
Skoen veters vas.
Begin kar.
Straat af.
Ek gaan maar net doen wat ek die beste doen.
  
Geld uit.
R100.
Deur die strate.
Bier in hand.
Probeer weer van my probleme weg hardloop.

Jaag na haar toe.
Kind in pad.
Swaai uit.
Teen n boom vas
Le en ruk ruk terwyl die bloed van my wonde drip drip.

Mense gil.
Kan nie beweeg.
Sirene skree
Te veel seer.
Ek lieg en se dat ek nie dood wil gaan nie. 

Terwyl die son oor alles uitkyk
Probeer hulle my red.
Engele roep.
Oe oop.
Oe toe.

No comments:

Post a Comment