Ek vind stilte
in geraas.
Ek vind vrede in
geweld.
Ek vind liefde
in haat.
Ek sien n skelm
in elke held.
Ek vind simpatie
in apatie.
Ek vind niks in
alles.
Ek kry geluk in
depressie.
Ek vind alles
normaal as dit eintlik mal is.
Ek sien goed in
die sleg.
Ek sien lewe in
die dood.
Ek voel veilig
as ek vir my lewe veg.
Ek hoor suiwer
taal in elke vloek woord.
Ek sien wit in
swart. Ek voel vol as ek honger is.
Ek vind net krag
in my swak hart.
Ek voel nugter
as ek eintlik dronk is.
Ek sien myself
in iemand anders.
Ek kry
vreemdelinge in my eie familie.
Ek voel tuis
saam met buitelanders.
Ek sien krake in
elke fondasie.
Ek voel
nogsteeds siek al is ek gesond.
Ek twyfel al is
ek seker.
Ek het n storie
vir elke wond.
Ek word swakker
al word ek beter.
Ek voel gevind
al is ek verlore.
Ek sien die hel
in die hemel.
Ek sien n
begrafnis na elke geboorte.
Ek vind te
min in te veel.
Ek sien n half
leƫ glas in n wereld wat half vol is.
Ek voel skuldig
al het ek niks verkeerd gedoen nie.
Ek sien n doel
elke keer as ek een mis.
Ek het vryheid
in n tronk van oppressie.
Ek kry skaam vir
wat ek op trots moet wees.
Ek kom laaste al
is ek eerste.
Ek skree wolf
elke keer as ek God moet skree.
Ek vind n
behoefte in elke begeerte.
Ek sien n
realiteit in drome.
Ek het baie al
het ek min.
Eks verkeerd al
gebruik ek die regte woorde.
Maar met musiek
maak alles sin.
No comments:
Post a Comment