Ek is trots op waar vandaan ek kom maar ek haat die gedagte van waar ek op pad is.
Vreemd, hoe die verlede altyd beter as die toekoms lyk.
Ek't myself verlaat in n poel van sinlose verhoudings en vriendskappe. Maar ek leef daarvoor. Ek kan vir jare nog aangaan sonder n plan. Want wie kort n hart as jy geld het? Wie kort n droom as dit al waar geword het maar jou nie dieselfde satisfaksie gegee het nie?
Eks onvernietigbaar.
Maar verniet as jy my op die regte stadium van self vernietiging vind.
Kry n kamer.
Maak seker dis by n goedkoop hotel waar meeste mans se harte in gegee het. Plaas 2 munte op hul oe en groet hulle dieselfde manier wat jy jou selfwerd gegroet het. Met min emosie en goeie-gewrig-aksie.
Hierdie is nie jou eerste keer nie is dit?
Ek gooi n handoek in om te se eks uit. My hart raak kouer met elke bier wat ek sluk.
Hierdie is nie n verskoning nie.
Ek kan dit net nie meer vat om al my geheue van goeie aande aan jou te verloor nie.
As jy my regtig lief het dan sal jy my vuil gedagtes agter in die jaard begrawe en dan n boom bo hulle plant. n Boom waar al ons vriende hang en vir ons wag om die toue van angs en depressie te knip met ons skerp tonge.
Ons is jong atome, vol energie wat wag vir n kans om hierdie wereld plat te vee.
Ons stembande is ons snare en ons harte ons kitare.
Ek kan sien wat jy bedoel.
Jy het nie n gaping om te wys wat jy rerig kan offer nie. Hierdie stad is alles behalwe n plek om in groot te word.
Dis n verhoog.
Waar ons uit gestal word vir die wereld om te sien.
Een diep pit wat elke hoop en droom wat ons het verorber. Ons is karakters sonder n dialoog wat woorde bymekaar string soos n vervelige epiloog.
Maar byt asseblief net vas.
Want daai dose gaan nie weet wat hulle tref totdat jy opdaag en die wereld vertel van iets wat ons leiers in polisiekar nooit kon se nie.
No comments:
Post a Comment